
Suid-Afrikaners kan nou nog makliker in Mosambiek uitspan, met meer as 120 vakansiebestemmings in dié buurland wat pas by die verblyfbesprekingsplatform LekkeSlaap aangesluit het.
Vakansiegangers kan nou verblyf in Mosambiek soek en bespreek deur die maklike besprekingsproses op dié platform.
Gerriline Fouché, hoofbemarkingsbeampte by LekkeSlaap, sê die platform se uitbreinding na dié gewilde vakansiebestemming gaan oor meer as net merkers op 'n wêreldkaart.
"Dit gaan daaroor om dieselfde gemoedsrus wat Suid-Afrikaners op tuisbodem ervaar, aan hul avonture aan die ander kant van die grens te gee. Deur besprekingskommissies in die Suider-Afrikaanse ekosisteem te hou, stuur ons nie net reisigers na Mosambiek nie. Ons herbelê in die streek se gesamentlike vooruitgang en laat internasionale reis plaaslik en toeganklik voel."
LekkeSlaap se bestemmings in Mosambiek sluit selfsorghuise, gastehuise en hotelle in, wat hierdie tropiese wegbreek 'n haalbare werklikheid maak.
Lees die res van die artikel hier.
© 2026 Tripco (Pty) Ltd. All rights reserved.