Press Pages'Ons gaan see toe!'- 'Orkney' se Neelsie weer op die kassie te sien

'Ons gaan see toe!'- 'Orkney' se Neelsie weer op die kassie te sien
Featured on: Netwerk24

Eugene Martin, wat die rol van Neelsie in die gewilde komediereeks Orkney Snork nie! vertolk het, is vir die eerste keer sedert die program geëndig het weer op die kassie te sien.

Kyker het in 1991, in die derde seisoen van Orkney Snork nie!, vir Neelsie en Riekie van Zyl leer ken. Riekie en Neelsie was weeskinders wat deur die Van Tonder-gesin aangeneem is.

Martin woon in JOhannesburg, waar hy as pastoor werk. Hy het ook 'n seun, Shiloh (14). "Hy word in April 15," sê Martin.

Martin verskyn saam met Frank Opperman (Ouboet) in 'n advertensie vir die verblyfbesprekingsplatform LekkeSlaap waarin hy sy bekenste sêding uiter: "Ons gaan see toe!"

Dit is die eerste keer in meer as 30 jaar wat Martin en Opperman weer die geleentheid gehad het om saam te werk.

Lees die res van die artikel hier.

© 2026 Tripco (Pty) Ltd. All rights reserved.